Specialists in EB-5 Investments

Belê R7 m. in oliebolle vir groenkaart in die VSA

Belê R7 m. in oliebolle vir groenkaart in die VSA

Geld kan nie alles koop nie, maar kan superryk SuidAfrikaanse beleggers ver bring, selfs na lande soos Malta, Singapoer, NieuSeeland en nou ook Amerika. SuidAfrikaners met ‘n groot netto batewaarde kan deelneem aan die Amerikaanse EB5visumprogram, wat die belofte van ‘n groenkaart inhou, deur ‘n minimum van $500 000 byna R7 miljoen teen die huidige wisselkoers te bele in Dunkin’ Donutswinkels in Amerika. Dit sluit administrasie en regskoste uit. Die bedrag sal na verwagting in Desember tot $800 000 verhoog word.

Die Amerikaanse regering maak jaarliks net 10 000 EB5visums wereldwyd beskikbaar. Die program is reeds baie gewild in China, Brasilie en Indie. Die beleggingsbedrag word in ‘n fonds betaal wat LCR Capital bestuur.

‘n Afvaardiging onder leiding van Rogelio Caceres, medestigter en bemarkingshoof, en Carel van der Merwe, ‘n SuidAfrikaner wat vir LCR in Amerika werk, was verlede week in SuidAfrika om belangstellendes in te lig. LCR werk saam met Grant Thornton en Fragomen Immigration Specialists. Douglas van der Merwe, die SuidAfrikaanse verteenwoordiger van LCR, se die inligtingsessies het baie goed afgeloop.

Die belegging is ‘n vyfjaarlening en wanneer die kontraktyd voltooi is, word die kapitaal terugbetaal, se LCR. Caceres se die belegger se besonderhede word geverifieer om ‘n skoon agtergrond te verseker. Die voornemende belegger moet ook deur dokumente bewys dat die geld van ‘n wettige bron kom.

Magnus Heystek, beleggingstrateeg en direkteur van Brenthurst Wealth, se hoewel daar net ‘n paar honderd SuidAfrikaners is wat by sulke programme betrokke raak waarin jy in werklikheid ‘n tweede paspoort koop, is daar wel ‘n vraag daarna. Soortgelyke pro gramme vir Malta en Portugal bied immigrante toegang tot die Europese Unie, wat aantreklik is vir tweede of derdegenerasiefamilies met Europese bande. “Onthou ook dat die bedrae wat vereis word, net die prys van die kaart is.

Voornemende beleggers moet ook ‘n ander inkomste he om huh lewenskoste in die buiteland te dek,” se hy. Volgens Caceres is een van die belangrikste redes waarom mense soveel in die EB5program belang stel, dat dit huh kinders jonger as 21 jaar die geleentheid bied om toegang te kry tot Amerikaanse universiteite wat bekend is om huh akademiese uitnemendheid. Heystek se baie SuidAfrikaners Bele R7 m. in oliebolle vir groenkaart in die VSA Riana de Lange bele deesdae in Mauritius, waar daar reeds ‘n sterk SuidAfrikaanse gemeenskap gevestig is. Hulle vind dit ook makliker omdat dit nader aan SuidAfrika is en tydsones ooreenstem.

Tans word drie internasionale universiteite in Mauritius gebou, waaronder die Londense MiddlesexUniversiteit. LCR se dit kan tot 60 maande duur vir die uiteindelike goedkeuring van ‘n groenkaart. Voorwaardelike verblyfreg kan binne 18 maande goedgekeur word. Van die algemeenste redes vir afkeuring is twyfelagtige bronne van die beleggingsgeld of dat mense met voorwaardelike verblyfreg immigrasiewette oortree. se Caceres.

Like & Share:

Leave a Reply